Sol-Tech se studente is outomaties meer indiensneembaar aangesien hulle deeglik in nuwe kennis en vaardighede opgelei is en indiensopleiding deel van hul studies uitmaak. Dié goed opgeleide studente dra verder by om die tekort aan goed gekwalifiseerde ambagslui te vul. Die kollege lei jaarliks ’n groot aantal vakleerlinge vir verskeie industrieë op.
Buiten gehalte-opleiding, is die persoonlike ontwikkeling van studente vir Sol-Tech ook ’n prioriteit, daarom word eerstejaarskampe, wat op persoonlike- en leierskapontwikkeling gerig is, vir studente aangebied. Die kollege het ’n formele studenteraad wat ’n studente aktiwiteite organiseer en ’n unieke studentelewe vir seker.